Wat is die woorde wat jy spreek oor jou kinders?

Woorde het krag. So sê die wat weet. Ek het al so baie hieroor gewonder. Het dit wat ek hardop sê vir (en van) my kinders regtig ʼn effek op hulle? Gaan dit regtig hulle lewe beïnvloed, op welke manier ook al? “Die tong het mag oor dood en oor lewe”. So staan dit in…

Nostalgie, jou bliksem…

Ek kon nooit regtig agterkom of ek ‘n nostalgiese mens is, of nie. Ek meen, wat beteken dit nou eintlik? Ek is nie iemand wat goedjies van meelewe se dae opgaar of bêre nie. Hel, ek het nie eers baba boeke vir my kinders gedoen nie. Ek is net nie die tipe ma (of mens)…

2017…mý year

So, I’m not really someone who believes in making New Year’s resolutions. For some reason they have a terrible stigma surrounding them: if you make them, you will break them. So I’ve never made them. Until now. Let me give you some background. I am a mommy to three absolutely gorgeous, very busy little girls….

Waar is ons menslikheid heen??

So suiker ek en my kleinste paar boude gister winkel toe. Ouma kuier en die twee oudstes besluit hulle sien nie kans vir die dorp nie en bly eerder tuis om vir ouma op te pas – volgens hulle 😉 Ek en kleinsus vat die pad.  Hou in gedagte dat kleinsus ‘n jaar en amper…

Ag dis mos maar daai tyd van die jaar jong…

Iewers gedurende einde Oktober se kant elke jaar is dit asof daar iewers ʼn knoppie in jou onderbewussyn gedruk word wat die einde van die jaar aankondig. Ek sweer dis asof jou liggaam en gees op ʼn sekere oomblik begin besef dat jy ʼn hele jaar se werk, bloed, sweet en trane agter die rug…

Haak, Vrystaat!

Nou ja toe….ons manne het wraggies die beker huistoe gebring! Wel gedaan Cheetahs – almal van die afrigters, spelers tot die fisios, sielkundiges en almal tussen-in wat Jan Rap en sy maat nie eers van weet nie wat agter die skerms werk.  Vir 80 minute op Saterdag, 22 Oktober 2016 het Suid-Afrika (wel, ten minste…

Hallo Mamma :-)

Jy weet, soms gebeur daar goed in mens se lewe wat jou net absoluut verstom laat stilstaan met ʼn oop-hang mond wat jou laat lyk of jy sopas ʼn spook gesien het. Daai absolute voete-onder-jou-uitgeslaan oomblik as iets jou brein breek omdat dit net te groot is vir jou om te verstaan. Ek het vroeër…

Die eina van verlies

Verlede week het een van my kosbaarste vriendinne iemand baie spesiaal aan die dood afgestaan. Ai. Dit bly maar een van die seerste seer goed om te beleef. Almal van ons (of meeste van ons) het al iemand wat ons lief het of wat na aan ons was verloor. En, soos dit maar is as…

It’s all about the music ♫

In een van my vorige inskrywings (Wat is my storie) het ek genoem dat musiek ʼn groot deel van my lewe uitmaak. Ek het net weer vandag besef wat ʼn massiewe invloed musiek op my het. Dit is voorwaar ʼn universele taal! Het jy al opgemerk dat maak nie saak van watter afkoms ʼn kunstenaar…

Toeval? Nope.

Ek glo nie aan toeval nie. Ek glo elke mens is presies waar hy moet wees en saam met wie hy moet wees op enige gegewe oomblik in tyd. Ek glo ook nie dat jy iemand toevallig ontmoet nie, of dat jy toevallig by ʼn plek is nie. Elke plek waar jy jou bevind is…

Die Kaap de Goede-ALLES!

So as jy enigsins op my Facebook ingeloer het die afgelope 5 dae is jy sekerlik deeglik bewus daarvan dat ek pas terug gekeer het van ʼn lieflike paar dae in die pragtige Kaap. Ek het vir my hartsvriendin gaan kuier en ons het omtrent die Kaap rooi geverf! Wel…eintlik het ons meer die wynplase…

Hey, baby…

Kom ek en jy wees nou maar vandag eerlik met mekaar: om ‘n ouer te wees, is dêm moeilik. Dis ongelooflik, vervullend, vreugdevol en ʼn groot seën, maar dis moeilik. Baie moeiliker as wat dit lyk in flieks en as ander mense dit doen. My goeie vriende Andre en Leanne Kunz het pas hulle pragtige…

Griep…

Alweer. My hele gesig pyn. Tot my tande (???) My lyf voel of hy deur ‘n trein getrap is en ek het nie geweet dit is moontlik vir een menslike liggaam om so baie vloeistof deur sy neus te produseer nie. Dan weet ek ook nie wat ek eerder verkies nie: ‘n toe neus waardeur…

Goeiemôre, mnr die Telebemarker…

Kyk, ek gun elke ou sy plekkie in die son. Regtig. Ek is ‘n “live and let live” tipe meisie. Ek weet elke ou doen maar net sy werk en wil maar net ‘n lewe maak vir homself. Fair enough. Daar is egter een ding wat my so effe warm….nee maak dit kokend….onder die kraag…

Moerig

Jammer vir die “in your face” titel, maar daar is nou maar geen ander manier om dit te beskryf nie. Kry jy ook sulke dae? Dae wat jy bloot moerig uit die bed uit opstaan? Niemand het nou niks gemaak nie. Dis niemand se skuld nie. Dis nou maar net so. Op so lieflike moerige…

Reën

Wat is dit omtrent reënweer wat my so bekoor? Ek love dit. Van ligte motreën tot donderweer en blitse. Dit voel altyd vir my of dit my siel skoon was. Met die afgelope paar dae se reën in Bloemfontein het ek dit net weer besef. Ten spyte daarvan dat die aarde dit broodnodig het op…

Manifes vir die manne

Toe ek nog by Radio Rosestad uitgesaai het, het ek ʼn ding gedoen wat ek “manifes vir die manne” genoem het. Daar het ek op my eie voorbarige wyse stukkies waarhede (of sal ons sê waarhede in my opinie) met die manne gedeel – sommer so namens die hele skoner geslag. Sien waar die voorbarigheid…

Wat is my storie?

Ek kom onlangs op ʼn website af waar mens ʼn karikatuur werk van jou self kan bestel. Jy stuur ʼn foto van jouself en as wat jy wil hê hulle jou moet uitbeeld en dan stuur hulle vir jou die getekende karikatuur. Met ander woorde, hulle doen ʼn tekening/uitbeelding van jou “storie”. Daar is voorbeelde…

Onderwysers

Onderwysers. Ons almal het waarskynlik ʼn hele paar stories om te vertel oor een of meer onderwysers op skool. Sommige stories, is ek seker, sal gaan oor hoe ʼn sekere onderwyser jou geïnspireer het om beter te doen, verder te gaan, meer van jouself te maak. Dit is eintlik wonderlik hoe iemand jou hele sienswyse…

Eerste indrukke

Ek glo vas daaraan dat elke mens wat in jou lewe oor jou pad kom, bedoel is om daar te wees. Ek glo nie aan toeval nie. Niks gebeur net toevallig nie…dis deel van waar jy veronderstel is om te wees en wie veronderstel is om by jou te wees op enige gegewe oomblik. Ek…

Ouerskap…

Nou ja. Daar is soveel te sê oor hierdie onderwerp. Geen wonder daar is letterlik duisende “mommy blogs” daar buite nie. Elkeen met ‘n knapsak vol idees, raad en diesmeer. Ek het myself voorgeneem om nie ‘n “mommy blogger” te wees nie. Ek is egter onteenseglik ‘n mamma van drie (what??!) klein kabouters, so dis…

Starting a blog baby….starting a blog…

So I jumped on the band wagon! Ek begin nou amptelik my eie blog. Voor jy verder lees, wees gewaarsku…dit gaan nie noodwendig altyd diep, lang, grondverskuiwende inskrywings wees nie. Soms is die lewe donker en swaar genoeg en gaan ek bloot skryf oor hoe die reën my siel rustig maak of hoe my kinders…